Watter woorde kom uit jou mond?

Die Lied van Jou Lewe

“Doen alles sonder murmurering en teëspraak, sodat julle onberispelik en opreg kan wees, kinders van God sonder gebrek te midde van ’n krom en verdraaide geslag, onder wie julle skyn soos ligte in die wêreld, deurdat julle die woord van die lewe vashou.” Filippense 2:14–16a

  • Elke mens dra ’n “lied” in sy hart — dit wat jou lewe uitstraal en waarvoor jy bekend is. Maar wát is die lied van jou lewe?
  • Is jou lied die dinge van die wêreld — geld, besittings, prestasies of trofeë?
  • Of is jou lied ’n klaaglied, vol swaarkry, teleurstellings en dinge wat nie wil uitwerk nie?
  • Geliefde, kyk vandag diep in jou hart: Wat sing jou lewe? Watter woorde kom uit jou mond? Watter houding straal jy uit?
  • As kind van God moet jou lied anders klink. Mag jou lewe skyn soos ’n lig in ’n verdraaide wêreld, omdat jy vashou aan die Woord van die lewe. Jou lied moet wys dat Christus in jou leef — ’n lied van hoop, vrede, geloof en liefde.

Gebed: Here, laat my lewe ’n lied sing van U heerlikheid, U liefde, U genade, U vertroosting, U ontferming, U redding, U voorsiening en U vrede. Laat my lied ’n lig wees in ander se lewens. In Jesus Naam. Amen. 🙏🏻

Shalom 🕊️

Scroll to Top